Alma Mater Akademie Hot

School Physical Address.
Address:   1 Coronation Rd
Suburb: Wentworthpark
City/Town: Krugersdorp
Province: Gauteng
School Contact Information
Phone:   011-660-7567
Fax   011-660-7535
Email:   Email Us
Website   Visit Our Website
School Features & Facilities
Status   Public School
Gender   Co-Ed
School Level:   Combined
Grades Offered:   000 - 12
Boarding Facilities:   No
Religious Affiliation:   Christian
School Fees & Finances
Min Month Fee:   R 2,450.00
Max Month Fee:   R 4,200.00
Min Annual Fee:   R 24,528.00
Max Annual Fee:   R 42,036.00
Alma Mater Akademie
Direct School Contact
 The form could not be submitted
  

Alma Mater Privaat skool bou mense met behulp van ouers en personeel deur die aanwending van gepaste programme en hulpbronne.

Die behoefte aan ‘n Afrikaanse Privaatskool aan die Wesrand, het by ‘n paar ouers ontstaan in 1998. Vergaderings is gehou, belangstellendes is uitgenooi en in 1999 is ‘n direksie byeen gebring wat die skool stig. In Januarie 2000 open Alma Mater Akademie sy deure vir 63 leerlinge vanaf kleuterskool tot Graad 9.

Tans bestaan die skool uit 350 leerlinge en dertig onderwysers, bygestaan deur administratiewe personeel, terapeute en ander werkers.

Die skool is ‘n sentrum vir die CIE (University of Cambridge International Examinations) Reeds in 2001 het die eerste leerlinge die IGCSE eksamen afgelê en tans word die leerlinge op ‘n jaarlikse basis ingeskryf vir die eksamen. Die eerste matrieks het dan ook hulle eksamens suksesvol afgelê en studeer tans aan ‘n verskeidenheid van tersiêre inrigtings.

Alma Mater Privaat skool bou mense met behulp van ouers en personeel deur die aanwending van gepaste programme en hulpbronne.

By Alma Mater Akademie streef ons daarna om elke kind as ‘n geheel persoon te ontwikkel, dit wil sê intellektueel, fisies, emosioneel en geestelik. Geen mens leef egter in afsondering nie en daarom brei ons ontwikkeling ook uit na die ouers, familie, vriende en die gemeenskap.

Ons streef daarna om die volgende beginsels uit te leef:

  • Respek
  • Verantwoordelikheid
  • Integriteit
  • Balans
  • Eerlikheid
  • Trots
  • Waagmoed
  • Aanpasbaarheid

Op alle vlakke word self-dissipline en die strewe na uitnemendheid gesien as uiters belangrik.

Ons Etos:

  • Word onderskryf deur die skool se beginsels.
  • Is gefundeer in Christelike beginsels.
  • Die gesin word gesien as die primêre opvoedingsbasis.
  • Die kind word geleer om trots te wees op sy/haar skool.
  • Die beginsel van vreedsame naasbestaan word nagestreef.
  • Hoë standaarde word gehandhaaf.
  • Balans word gehandhaaf.
There are no user reviews for this listing.

To write a review please register or log in.
 

Map & Related Listings < 5Km

OUR REF #138