Bekker is ‘n openbare skool vir Afrikaans en Engels sprekende kinders van Graad R tot Graad 7.
Ons het sowat 500 leerders, van dwarsoor Gauteng waarvan omtrent 200 vanaf Gr. 1 tot Graad 7 in die koshuis gehuisves word.
Alle aspekte van skoolbeheer, insluitend finansies, batebestuur, beleid en personeelkeuring word behartig deur ’n aktiewe en energieke beheerliggaam, waarvan die meeste deur die ouers verkies is. Die professionele bestuur van die skool is in die hande van ‘n bekwame en ervare personeel.
Bekker is een van min laerskole in Gauteng wat koshuisfasiliteite aanbied. Geen ander skool kan egter vergelyk word met ons pragtige, landelike toneelskikking langs die oewers van die Magaliesrivier nie. Hier baat die kinders by die veiligheid, geluk en
konstruktiewe dissipline wat ’n onafskeidbare deel uitmaak van die lewe “op die plaas”.
Professionele en werkende ouers besef dat die veilige omgewing wat die Bekker
koshuis bied, ‘n aantreklike alternatiewe tuiste gedurende die skoolweek is. Ouers is
gewoonlik onwillig om hulle jong kinders koshuis toe te stuur tensy omstandighede dit noodsaak. By Bekker val die klem op die voorsiening van ’n gelukkige tuiste vir u kinders. Huisvesting is gemaklik en die kos volop en van goeie gehalte. Die meeste van die skool se opvoeders bly op die perseel en voorsien meer as genoeg
gekwalifiseerde, toegewyde en sorgdraende toesighouding 24 uur per dag.