Die skoolgemeenskap van Sentrale Volkskool wil graag die ouerlede van die huidige beheerliggaam, mnr. Sean de Winnaar, mnr. Jan Vorster, me. Leatitia Keogh, mnr. Riaan Cronje, mnr. Wynand Botha, me. Louise Liebenberg, asook me. Carol Fourie en mej. Ebe Badenhorst bedank vir die uitstekende resultate behaal gedurende die afgelope dienstermyn. Ons is bevoorreg dat hierdie kaliber Beheerliggaamslede bereid is om hulself weer beskikbaar te stel om ons skoolgemeenskap met hulle tyd en kennis te bevoordeel. Gedurende hulle dienstermyn is daar verskeie groot mylpale behaal.
Die volgende dien as voorbeelde: Gedurende hierdie tydperk het die leerdergetalle van die skool uitermatig gegroei, in só ‘n mate dat ons nou een van die grootste Afrikaanse skole in Kroonstad is.