Schoolguide

Christelike Gereformeerde Laerskool Eloffsdal | | Ordinary Schools

Main Menu

  • Home
  • Find A School
    • Boarding Schools
    • Boys Schools
    • Girls Schools
    • Home Schools
    • Ordinary Schools
    • Private Schools
    • Special Needs Schools
    • Technical Schools
    • Farm Schools
    • Pre Primary Schools
  • Colleges
    • Public Colleges
    • Private Colleges
  • Universities
  • Guide
    • Schooling in South Africa
    • Pre Primary School Guide
    • Primary School Guide
    • High School Guide
    • Special Needs
    • Education Glossary
  • Blogs
    • Parents
    • Educators
    • Professionals
  • School Holidays

Christelike Gereformeerde Laerskool Eloffsdal

(0 reviews)
Write review

 Wie en wat is die CGLE (Christelik  Gereformeerde Laerskool Eloffsdal)

Ons Leuse: La Verace Via – Die Ware Weg.

Ons bely dat Jesus Christus die enigste en ware weg is na die Vader ( EK is die weg en die Waarheid, niemand sal na die VADER gaan behalwe deur my nie (Johannes 14 : 6 )

Ons missie: Om Christelike waardes met Bybel gefundeerde onderwys en opleiding aan kinders van Afrikaanssprekende ouers te bedien

Ons strewe en doel: Om by te dra tot die bevordering en instandhouding van Christelike onderwys in Suid Afrika.

Die CGLE is ‘n privaat Laerskool wat ingelyf is by die Instituut vir Christelike Onderwys (ICO) voorheen bekend as ARSO (Akademie vir Reformatoriese Skool Onderrig)waarby ook ingelyf is Dirk Postma Laer-en Hoërskool

Die CGLE word bedryf onder leiding van en in samewerking met die ICO en is ‘n Christelike instelling

Die CGLE is ook geaffilieer met “Ons Eie Orrelpypies” Kleuterskool/ Dagsorg/Nasorgsentrum & Kinderakademie en word bedryf op die perseel van die Gereformeerde Kerk Eloffsdal, te: Mance laan 760, Mayville, Pretoria, 0084

Die CGLE word  geregistreer by die  Gauteng-Noord Departement  van Onderwys as ‘n Grondslagfase Ontwikkelingsinstituut (Independant ECD - Early Childhood Development Institution) vir kinders vanaf 4/5-jarige ouderdom en bied onderrig aan van graad R tot graad 3. Die CGLE handhaaf die Kurrikulum van die Gautengse Onderwysdepartement vir Grondslagfase- onderrig en handhaaf die skoolkalender soos voorgeskryf deur die departement

Wat bied die CGLE:

Grondslagfase-onderwys aan kinders vanaf graad R tot graad 3.

Naskoolse versorging (etes en verversings ingesluit) en toesig deur goed opgeleide personeel.

Toesig word gehou tydens die doen van huiswerk

Sport en ontspanning vind onder toesig plaas.

Beheer en bestuur

Die CGLE word bestuur deur ‘n beheerliggaam wat bestaan uit:

Die skoolhoof mev Saskia Meijer

Voorsitter van die beheerliggaam Emeritus  AH Klopper

Hoof uitvoerende beampte  mnr Andries Bekker

Ouers van kinders soos aangewys.

Kontakbesonderhede van die CGLE:

Voorsitter van die beheerliggaam

Ds. AH Klopper 082 839 6066

Hoof Uitvoerende Beampte Andries Bekker 082 335 4942

Skoolhoof mev Saskia Meijer 082 491 4965

Toelatingsbeampte & administrasie Petra Rozenkrantz 084 580 819

                                               

Copyright ©2026 Schoolguide


main version