Om rotsvas te kan staan, moet vaste beginsels gevestig word. Opvoeders beïnvloed die ewigheidswaardes van die kind en daarom is dit die etos van ons skool om te verseker dat u keuse, die keuse in die regte rigting vir u kind sal wees. Ons kinders is lewende boodskappe wat ons die toekoms instuur, na ‘n tyd wat ons self nie sal sien nie. Hier wil ons u kind verwelkom in u wêreld waar hy/sy kan ontwikkel na sy eie beeld en om sy/haar eie gedagtes selfstandig aan te wakker. Almal het ‘n plekkie om te vul in die wêreld. Ons bou graag saam met u en u kind aan daardie roeping.