Neem gerus 'n toer van ons skool en skakel ons indien u meer inligting verlang.
Sandton Afrikaanse Akademie is gestig om 'n leemte te vul aan Puik Afrikaanse Onderrig in die Noorde van Johannesburg. Die skool word bedryf uit 'n huis in Sunninghill met top fasiliteite.
Ons begin met Graad 1 en Graad 2, en sal jaar vir jaar groei met 'n nuwe Graad. Ons klasse het 'n maksimum van 15 leerders in 'n klas, om individuele aandag te verseker.
Sandton Afrikaanse Akademie bied 'n omvattende program wat:
- Kinders lief sal maak vir leer
- Elke kind as ‘n individu erken met unieke behoeftes en ‘n individuele persoonlikheid
- Kinders volgens Christelike waardes voorberei
- Kinders stimuleer op ‘n sosiale en intellektuele vlak
- Ouers verseker van:
- Ggekwalifiseerde en uitstekende personeel
- Opvoedkundige klimaat
- ‘n Tersiêre erkende opvoedkundige program
- Kinders se fisiese ontwikkeling en aanpasbaarheid
Visie:
Die bestuur van Sandton Afrikaanse Akademie streef na ‘n rustige en gedisiplineerde omgewing waar kinders:
- veilig en gelukkig is en met selfvertroue kan groei en ontwikkel
- individuele aandag kan geniet
- sonder perke kan groei